Impak Groepe
Familie is een van ons gemeente se waardes, en vir daardie rede is ons Impak groepe baie belangrik vir ons. Dit is hier waar vriende gemaak word, en ons saam groei in ons geestelike lewe. Ons Impak groepe kom twee keer ‘n maand bymekaar op verskillende plekke in ons dorp, en selfs in die buiteland. Daar word sistematiese geestelike groei temas behandel wat jou nader aan God en mense vat.